Steven Tyler van seksuele aanranding beskuldig

Lees ook :

Steven Tyler beskuldig van seksuele aanranding
Steven Tyler beskuldig van seksuele aanranding fotokrediet: Facebook

Lees ook: De Aar-hospitaal moet versterk word

NEW YORK, VSA. – ’n Vrou het ’n saak van seksuele aanranding teen die bekende sanger van Aerosmith, Steven Tyler, in New York oopgemaak.

Jeanne Bellino het gesê hy het haar twee keer in 1975 seksueel aangerand toe sy 17 was. Bellino het gesê sy het “permanente emosionele skade” met die beweerde aanrandings opgedoen.

Die hofdokumente toon Bellino het as ’n model in Manhattan gewerk toe ’n vriend reël dat hulle Aerosmith na ’n modeparade ontmoet.

Die dokumente sê Tyler het Bellino by ’n telefoonhokkie ingedwing toe hulle deur die stad loop en het haar glo betas, gesoen en gekeer dat sy loskom. Die dokumente sê die res van die groep het “gestaan en lag en niks gedoen om haar te help nie.”

Bellino het gesê Tyler het haar glo later in ’n hotelkroeg teen ’n muur gedruk en seksuele bewegings teen haar gemaak. Toe sy sy hare trek, het hy haar laat gaan en gesê sy moet na sy kamer gaan.

Bellino het in haar saak gevra vir genoeg geld om haar “ten volle terug te betaal vir die skade wat aan haar gedoen is”. Sy wil ook ’n verhoor voor ’n jurie hê.

Nog ’n vrou, Julia Misley het verlede jaar ’n saak van seksuele aanranding teen Tyler gemaak. Sy het beweer Tyler het haar ma sover gekry om hom haar voog te maak toe sy 16 was, waarna hulle glo saamgebly het en ’n seksuele verhouding vir byna drie jaar gehad het.

Bronne: BBC, Evening Standard, CBS News

Lees ook: De Aar-hospitaal moet versterk word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief