KWAZULU-NATAL. – Alkantstrand en Newark Beach in Richardsbaai is Vrydagoggend tot verdere kennisgewing deur die Stad uMhlathuzi vir swem en ander aktiwiteite gesluit.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van KZNVIP Protection Services word inwoners gevra om om aan die No bathing-tekens gehoor te gee. Die maatreël is as voorsorg ingeste,l nadat twee grootwithaaie voor die dolfynuitkykplatform te sien was. Boggelrugwalvisse en hulle kalwers is na die Antarktiese Oseaan aan die beweeg waar hulle die somermaande sal deurbring en daarom is grootwithaaie nou meer algemeen in KZN.
Haainette by Alkantstrant word gevolglik reeds maande vir die migrasie gelig.
Bron: KZN VIP Protection Services





