Lees ook: Fase 2-beurtkrag vir naweek ingestel
Die Suid-Afrikaanse poskantoor het ‘n ooreenkoms met Ethiopian Airlines geteken om posdienste aan addisionele internasionale bestemmings te bied.
Dit volg op die ooreenkoms met Swiss Air en die gevolglike herinstelling van ‘n internasionale posdiens na Europa en Japan met Swiss Air in Oktober 2023.
Die ooreenkoms met Ethiopian Air sal die poskantoor in staat stel om pos van China af te lewer en te ontvang.
Ethiopian Air sal vier keer ‘n week die pos by hulle middelpunt in Addis Ababa aflaai waarvandaan die pos na verskeie Afrika-bestemmings geneem sal word. Lande wat ‘n grens deel met Suid-Afrika sal nie ingesluit word nie, aangesien die pos daar deur middel van padvervoer afgelewer word.
Bronne: IOL, TechCentral, Freight News
Lees ook: Fase 2-beurtkrag vir naweek ingestel





