Suster wat broer verkrag lewenslank tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (28) is lewenslank deur die Maddadeni-streekhof tronk toe gestuur nadat sy haar broer (8) oor ‘n tydperk van jare verkrag het. Sy het hom ook aan pornografiese materiaal blootgestel.

Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê die hof het die vonnis opgelê nadat die beskuldigde skuldig gepleit het. Die voorvalle het tussen 2022 en 2024 in Osizweni plaasgevind terwyl hulle saam gewoon het. Hulle was alleen tuis en die broer is gedreig om niemand van die voorvalle te vertel nie.

Die saak het aan die lig gekom nadat die broer tydens ’n skoolvoorligtingsessie aangemoedig is om onvanpaste optrede aan te meld, waarna hy dit aan sy ma vertel het. Hy is vir mediese en emosionele ondersteuning na ‘n sorgsentrum geneem, waarna die polisie betrokke geraak het. Die broer se biologiese suster is daarna in hegtenis geneem. Aanklaer Zama Zikalala het in die hof beklemtoon dat die beskuldigde haar posisie van vertroue misbruik het.

Benewens die lewenslange vonnis is sy ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis oor die pornografiese materiaal en onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Haar naam sal in die register vir seksuele oortreders geplaas word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief