Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) het verskeie waarskuwings uitgereik vir Maandag, met swaar donderstorms wat in verskeie provinsies, insluitend die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, verwag word.
Volgens meteoroloog Annete Botha is ‘n Geel Vlak 4-waarskuwing vir erge donderstorms wat tot oorstromings kan lei, vir die Overberg-distriksmunisipaliteit en Langeberg- plaaslike munisipaliteit in die Wes-Kaap, asook die suidelike dele van KwaZulu-Natal voorspel. ’n Vlak 4-waarskuwing dui op ’n hoë impak met moontlike skade aan infrastruktuur, ontwrigting van verkeer en gevaarlike toestande in laagliggende gebiede.
‘n Verdere Geel Vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms met kitsvloede en groot hoeveelhede klein hael word verwag oor die Stad Kaapstad-metro, Kaapse Wynlande en Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap, die verste oostelike dele van die Noord-Kaap, suidwestelike dele van die Vrystaat, asook Joe Gqabi- en Chris Hani-distriksmunisipaliteite (Inxuba Yethemba uitgesluit), Matatiele, Umzimvubu, Ntabankulu en Mhlontlo in die Oos-Kaap.
Inwoners in dié gebiede word gemaan om versigtig te wees, veral in laagliggende gebiede, en om weerverwante opdaterings dop te hou.


Bron: Vox Weather





