Taakspan gaan dubbele moord en sakeroof ondersoek

Lees ook :

Foto: Marlene Gomes - Yolandi du Plessis Photography

NOORDWES. – Sergio en Marlene Gomes van Totobola Butchery in Mahikeng is Vrydagaand tydens ‘n rooftog deur ses verdagtes op hulle sakeperseel geskiet. Gen.maj. Ryno Naidoo, die waarnemende provisiale polisiehoof in die provinsie, het ‘n gespesialiseerde taakspan aangewys om die dubbele moord en sakeroof te ondersoek.

Sers. Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder vir Noordwes, sê aan Nuusflits die ontplooiing hou verband met ’n skietvoorval wat Vrydagaand in Golfview aangemeld is. Toe die polisie op die toneel opdaag, het hulle bloed op die sypaadjie opgemerk en die liggaam van ’n vrou aangetref. Haar man, wat ook geskiet is, was reeds na ’n hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Tot dusver het ondersoeke aangedui dat die egpaar van hulle huis na hulle slaghuis langs die huis is toe hulle hoor hulle seun word beroof. Met hul aankoms by die perseel het hulle op die verdagtes afgekom en is geskiet.

Een van die slagoffers het aan die polisie vertel dat ses gewapende gemaskerde mans die huis binnegegaan het terwyl hulle in ’n sitkamer was. Die groep het glo die slagoffers gedwing om op die grond te lê, hulle gedreig en aangerand. Daarna is selfone, ’n onbekende bedrag kontant, ’n skootrekenaar en die sleutels van ’n Ford Ranger gebuit. Die bakkie is daarna deur die verdagtes gebruik om van die toneel te vlug, waarna dit Saterdagoggend verlate in die Magogwe-omgewing opgespoor is. Van die gesteelde selfone is in die veld daar naby gevind.

Die ondersoek duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met relevante inligting word gevra om lt.kol. Kotu by 079 897 1801 te bel. k

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief