Tafelberg se ‘Eerste Dame’ besig met grootste uitdaging

Lees ook :

Foto's: WSAR

WES-KAAP. – Drie jaar nadat ‘n lewensgevaarlike val haar byna haar lewe gekos het, klim Tania Morkel (65), oftewel Tafelberg se Eerste Dame, weer die berge van die Kaap, maar hierdie keer met ‘n doelwit wat selfs die dapperste bergklimmer se asem sal wegslaan. Tania gaan selfs verder as wat sy gedurende 2025 vermag het. Haar nuustes uitdaging is 13 bergpieke per week oor 13 opeenvolgende weke.

Op 13 September 2023 het Tania op ‘n smal gedeelte van die kontoerpad tussen Platteklipkloof en India Venster gegly en teen ‘n waterval afgeval. Sy het meervoudige werwelfrakture, ‘n gekraakte skedel, breinbloeding, gebreekte ribbebene en ernstige inwendige beserings opgedoen. Reddingspanne van die Wilderness Search and Rescue (WSAR) en mediese personeel het haar gestabiliseer en van die berg afgebring. Sy het 23 dae in intensiewe sorg deurgebring, waar sy lank aan ‘n ventilator gekoppel was. Tania het egter nie net oorleef nie, sy het teruggekeer. In 2025 het sy haar dankbaarheid in dade omgesit deur Tafelberg 64 keer in 64 opeenvolgende dae te klim en meer as R128 000 vir WSAR en die SANParke Ere-Wagters in te samel.

Nou gaan sy nog ‘n stap verder. Haar nuutste uitdaging behels 13 bergpieke per week oor 13 opeenvolgende weke, altesaam 91 dae met ‘n gemiddelde hoogteverandering van ongeveer 900 meter per dag. Haar doel is om R400 000 vir die vrywilligers in te samel wat dag en nag gereedstaan wanneer dinge verkeerd loop in die berge. Sy is reeds verby die halfpadmerk van haar doelwit. Diegene wat haar reis wil volg, haar verhaal wil deel of haar finansieel wil ondersteun, kan dit doen by: https://www.givengain.com/…/tania-raising-funds-for-2…

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief