WES-KAAP. – Volgens die padverkeersbestuurskorporasie het nege mense vanoggend in ‘n busongeluk gesterf. Daar is egter intussen aangedui dat die dodetal reeds tot 16 gestyg het. Die bus, wat omgeslaan het, was die enigste voertuig by die ongeluk betrokke.
Nooddienste is steeds op die aktiewe ongelukstoneel besig. Alhoewel die padverkeersbestuurskorporasie nege sterftes bevestig het, het dit gesê die finale dodetal en die totale aantal beseerdes sal eers vasgestel word nadat alle insittendes uit die bus gehaal is en noodpersoneel hul werk voltooi het. Owerhede het verder aangedui dat verdere besonderhede bekend gemaak sal word sodra die reddingsoperasie afgehandel is.
Volgens ander berigte het Maxine Bezuidenhout, hoof van die Western Cape Mobility Department, die 16 sterftes bevestig nadat die bus met 73 insittendes kort voor 01:00 omgeslaan het.
Bronne: RTMC, Smile90,4FM, Voice of the Cape Radio VOC, Radio 786





