Tasché verwelkom babadogter met pienk vlag

Lees ook :

Foto's: Tasché en Mediclinic Louis Leipoldt

Die gewilde Suid-Afrikaanse sangeres Tasché Burger en Jo-Lene het Donderdag ‘n nuwe toevoeging tot hulle gesin verwelkom. ‘n Pragtige babadogter is vir hulle by Mediclinic Louis Leipoldt in die Kaap gebore.

Tasché het die nuus op sosiale media gedeel: “Beste dag van ons lewe by een van die beste hospitale in die wêreld! Liede het skapies getel terwyl ons slapies afgetel het.” Sy het ook foto’s en video’s van hul pasgeborene op haar Facebook Story gedeel.

Mediclinic Louis Leipoldt het die Burger-gesin op hul eie Facebook-bladsy gelukgewens en ‘n besondere tradisie uitgewys – nuwe ouers hys ‘n vlag om die geboorte van hul baba te vier. Tasché het trots ‘n pienk vlag gehys ter ere van hulle babadogter se koms. Wat die geleentheid nog meer spesiaal maak, is dat Tasché self ook by dieselfde hospitaal gebore is, waar ‘n pienk vlag destyds deur haar ouers gehys is.

Tasché is wyd bekend as lid van die Suid-Afrikaanse popgroep BlackByrd en as wenner van The Voice SA in 2019.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief