Taxibestuurder ná atleet se dood nou van moord aangekla

Lees ook :

Foto's: BackaBuddy

GAUTENG. – Thabang Ndlovu het Vrydag vlugtig in die Orlando-landdroshof verskyn waar hy nou op aanklag van die moord op Dezireè du Plessis teregstaan. Sy is gedurende November verlede jaar tydens die Soweto-marathon raakgery en het op 12 Desember 2025 aan haar beserings beswyk.

Barry Bateman, woordvoerder vir AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê in ‘n verklaring die aanklag teen Nlovu is van strafbare manslag na moord verander, nadat dié eenheid gedurende Januarie aan die senior aanklaer geskryf het om die erns van die saak te beklemtoon. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het saam met lede van die vervolgingseenheid, Saskia Barker, Du Plessis se ma, en Marijke Miller, Du Plessis se suster, asook lede van die Bobbies-hardloopklub, waaronder afgetrede genl.maj. Sharon Schutte, hulle steun betoon. Beide Du Plessis se ouers was lede van die SAPD.

Die voorval het op 29 November plaasgevind toe Ndlovu glo waarskuwings van verkeersbeamptes geïgnoreer en ’n afgesperde roete binnegery het. Hardlopers moes uit die pad spring en Du Plessis is na bewering deur sy voertuig getref. Miller het ná die hofverskyning gesê die familie hoop dat geregtigheid sal geskied. Bateman sê die eenheid sal die saak fyn dophou en die familie ondersteun. Hy het bygevoeg dat deeglike ondersoeke nodig is om tot skuldigbevindings te lei en padwetteloosheid hok te slaan.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Borgtog van R8 000 is toegestaan, maar is nog nie betaal nie en die beskuldigde bly in aanhouding.

Druk hier om meer te lees.

Adv. Gerrie Nel, afgetrede genl.maj. Sharon Schutte, Saskia Baken en Marijke Miller (ma en suster van die oorledene).

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief