Taylor Swift – terreurkomplot ‘oordrewe’

Lees ook :

Taylor Swift terreurkomplot
Foto: Instagram

WENE. – Die prokureur van een van die drie verdagtes wat in verband met die terreurkomplot by Taylor Swift se Wene-konserte gearresteer is, het die aanklagte teen sy kliënt as “oordrewe” bestempel. Werner Tomanek, wat die 19-jarige verdagte verteenwoordig, het gesê sy kliënt het nie die “middele, moontlikhede of ontploffingsmiddels “ gehad het om dit uit te voer nie.

Volgens berigte het die tiener beplan om deur die stadion se omheining te jaag, met die doel om soveel as moontlik mense met messe en tuisgemaakte plofstowwe dood te maak. Oostenrykse polisie het ook chemiese stowwe en tegniese toestelle in die verdagte se huis gevind. Tomanek het die aanklagte as “oordrewe” beskou en die owerhede daarvan beskuldig dat hul publisiteit soek om hul ondersoek te bevorder.

Tomanek het aan die Oostenrykse persagentskap gesê dat hy nog nie toegang tot die polisielêers gehad het nie, maar betwis dit dat sy kliënt se aanvanklike verklaring volledig was. Hy het sy kliënt, wie se identiteit weens privaatheidsredes nie deur die Oostenrykse owerhede bekend gemaak is nie, beskryf as ‘n alleenloper sonder enige sosiale kontakte en die beweerde aanvalsplanne as “suiwer fantasie” van iemand wat geestesprobleme het, beskryf.

Benewens die 19-jarige, is twee ander tieners in verband met die saak in hegtenis geneem. Oostenryk se minister van binnelandse sake, Gerhard Karner, het bevestig dat die derde verdagte, ‘n 18-jarige wat later gearresteer is, “nie direk gekoppel is aan die aanvalsplanne” nie. Die hoofverdagte en ‘n 17-jarige is die Dinsdag voor die geskeduleerde konserte sou plaasvind, in hegtenis geneem.

Lees ook: https://nuusflits.com/taylor-swift-konsert/

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief