Brekende Nuus
Afrikaans

Thailand val Kambodja aan ná vegtery by grens

Thailand val Kambodië aan ná vegtery by grens

fotokrediet: Canva
Thailand val Kambodië aan ná vegtery by grens fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Thailand het Kambodja vandag met lugaanvalle geteiken ná vegtery op die grens tussen die lande uitgebreek het.

Lees ook: Indonesië dodetal styg oor 900

Winthai Suvaree, Thaise weermagwoordvoerder, het gesê agt soldate is gewond en een is dood toe die Kambodjaanse weermag op die Thaise weermag geskiet het. Die Thaise weermag het ook beweer die Kambodjaanse weermag het vuurpyle op burgers in die Buri Ram-provinsie gevuur.

Die Kambodjaanse weermag het beweer Thailand het met die aanvalle begin. Twee burgerlikes van Kambodja is gewond.

Beide kante het gesê daar was gister aanvalle by die grens, met die Thaise weermag wat beweer twee van hulle soldate is gewond.

Bronne: IOL, BBC, CNN

Lees ook: Indonesië dodetal styg oor 900