Die eerste groep atlete, wat elite atlete insluit, het om 05:00 vanoggend weggespring om deel te neem aan die 2026 Comrades-marathon.
Lees ook: Comrades Marathon 2026: what to know about Sunday’s Up Run from Durban to Pietermaritzburg
https://nuusflits.com/comrades-marathon-2026-up-run/
Kort ná die wedloop vir die eerste groep begin het, het die tweede groep om 05:15 weggespring, gevolg deur die derde groep wat om 05:30 deel geword het van die sowat 21 600 hardlopers.
Die Comrades-marathon staan bekend as The Ultimate Human Race – die wêreld se oudste en grootste ultramarathon. Dié wedloop van 85.77 km vind jaarliks tussen die Suid-Afrikaanse stede Durban en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal plaas en wissel jaarliks tussen ‘n ‘op-‘ en ‘af-roete.
Atlete moet die afstand in ’n afsnytyd van 12 uur voltooi.
Vanjaar word wedloop die 99ste keer aangebied en dis die 50ste “op-wedloop”.
Suid-Afrikaanse elite atlete soos George Kusche, Onalenna Khonkhobe en Gerda Steyn ding mee om ‘n massiewe bedrag van R8.2 miljoen in totaal as prysgeld huis toe te neem. Wenners sal elk met R925 000 wegstap.
Kenners beskou die atleet George Kusche as vanjaar se buiteperd. Hy kom van ‘n baan-agtergrond en is vinnig oor korter afstande. Onalenna Khonkobe, ook ‘n sterk aanspraakmaker, is bekend is vir sy aggressiewe hardloopstyl.
Die groot gunsteling-vroueatleet, Gerda Steyn is die onbetwiste koningin van die Comrades. Sy jag vandag haar vyfde oorwinning om by legendes soos Bruce Fordyce aan te sluit. Steyn hou reeds die rekord vir die vinnigste “op” sowel as “af” tye. Sy kompeteer met 19 ander top-vroueatlete op die pad vir die goue medaljes.
Internasionale uitdagers om dop te hou, is Guillaume Ruel (Frankryk) en die Japannese hardlopers Haruki Okayama (voormalige 100 km-wêreldkampioen) en Nao Kazami.
Om die marathon regstreeks te sien – volg die skakel:
Bron: SABC Nuus | Comrades marathon 2026 Facebook





