Tien vas vir ‘afpersing’ in Sentraal-Karoo

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die polisie het tien verdagtes in hegtenis geneem ná ’n ondersoek na ’n afpersingsaak wat by die Murraysburg-polisiekantoor aangemeld is. Die sewe mans en drie vroue, tussen 35 en 64 jaar oud, is op 31 Oktober tydens ‘n operasie in Graaff-Reinet in hegtenis geneem.

Volgens sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, het die voorval op 23 September tydens ‘n vergadering deur ’n windenergie-maatskappy in Pastoriestraat, Murraysburg, plaasgevind. ’n Groep persone het glo dreigemente teen die maatskappy se verteenwoordiger gemaak en gedreig om vragmotors wat komponente vir windturbines na die konstruksieterrein vervoer, aan die brand te steek. Inhegtenisnemings is gemaak, waarna die verdagtes van afpersing en intimidasie aangekla is. Die 10 verdagtes sal vandag in die Beaufort-Wes-landdroshof voorkom.

Spies, sê die inhegtenisnemings is deel van voortdurende pogings om afpersingsgroepe wat die streek se ekonomie bedreig, tot niet te maak. Hy het bygevoeg dat meer inhegtenisnemings, soos die ondersoek voortduur, nie uitgesluit kan word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief