Die Suid-Afrikaanse weerdiens het warm, ongemaklike weer vir vandag vir die Noord-Kaap en Wes-Kaap voorspel.
Lees ook: Daily lotto uitslae vir 2 November 2025
Temperature kan tot 40°C en hoër in die Kamiesberg- munisipale gebied in die Noord-Kaap en in die Weskus-distrik in die Wes-Kaap styg. Hoë temperature in die hoë 30s vir die res van die Noord-Kaap en Wes-Kaap word voorspel.
Daar is ‘n gevaar van veldbrande in dié provinsies. Die publiek word herinner om uit die son te bly en baie water te drink.
Bronne: SAWD
Lees ook: Daily lotto uitslae vir 2 November 2025





