Lees ook: Oudpresident Jimmy Carter op 100 oorlede
EGIPTE. – ’n Italiaanse toeris (48) is dood en een (69) is beseer na ’n haaiaanval in die Rooisee in Egipte.
Volgens die Egiptiese omgewingsministerie het die voorval noord van Marsa Alam, ’n vakansiedorp, plaasgevind.
Die aanval het in “diep water buite die toelaatbare swemarea” plaasgevind. Mense sal vir die volgende twee dae nie toegelaat word om te swem nie, terwyl die haaiaanval ondersoek word. Vier persone het die laaste tien jaar in haaiaanvalle in die Rooisee omgekom.
Bronne: BBC, The Sun, The Telegraph
Lees ook: Oudpresident Jimmy Carter op 100 oorlede