Twee sterf toe volgelaaide minibustaxi rol

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee insittendes van ‘n volgelaaide minibustaxi het vanoggend (Maandag) op die N2 in ‘n suidelike rigting net voor die Spaghetti-kruising, naby Westwood Mall, gesterf.

Durban-metropolisie waarsku die verkeer is hewig gegaffekteer en alle dienste is op die toneel.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is net voor 06:00 na die ongelukstoneel, wat as gru beskryf is, asook verskeie ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici. Die bestuurder van ‘n minibustaxi met 23 passasiers het onverklaarbaar beheer verloor en teen ‘n reling gebots, waarna dit verskeie kere gerol het. Die meeste van die insittendes is uit die taxi geskiet. Meer mediese hulp is ingeroep, waarna pasiënte met triage gepriotiriseer is.

Jamieson sê ongeveer 21 insittendes het matige tot kritieke beserings opgedoen en is op die toneel behandel, voordat hulle na verskeie Durban-hospitale vervoer is. Twee mans, vermoedelik in hulle 30’s en 40’s, is op die toneel dood verklaar.

Alternatiewe roetes moet liefs gebruik word. Alle rolspelers was op die toneel teenwoordig, Die ongeluk word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief