KWAZULU-NATAL. – ‘n Toeris het op Vryheidsdag gesterf nadat hy skielik by die Nelson Mandela Capture Site in Howick inmekaargesak het.
Midlands EMS-nooddienste in Howick sê dié diens is na die toneel ontbied. Met aankoms het paramedici vasgestel dat die persoon hartstilstand ervaar, terwyl KPR reeds toegepas is. Die span het onmiddellik oorgeneem en verdere noodprosedures toegepas om sy lewe te probeer red. Dit was onsuksesvol en die toeris is op die toneel dood verklaar.
Die presiese oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie, en owerhede ondersoek die omstandighede.





