Toeris wat sterf in valskermsweefongeluk identifiseer as Munster-rugbyafrigter

Lees ook :

Toeris wat sterf in valskermsweefongeluk identifiseer as Munster-rugbyafrigter
Toeris wat sterf in valskermsweefongeluk identifiseer as Munster- fotokrediet: Skermgreep

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Munster-rugbyafrigter Greig Oliver (58) is identifiseer as die toeris wat Maandag in die fratsongeluk tussen twee valskermsweeftuie in Seepunt gesterf het.

Oliver is oorlede na sy tuig met ‘n ander valskermsweeftuig in die lug gebots het en hy op die rotse geland het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek. ‘n Nadoodse ondersoek sal op Oliver se liggaam uitgevoer word.

Oliver se dood het die rugbygemeenskap geskok en WorldRugby het hulle hartseer oor sy dood uitgespreek.

Oliver het Skotland in die 1987-rugbywêreldtoernooi verteenwoordig en toe tussen 2011 en 2014 as ‘n afrigter vir die Ierland U20-span begin werk. Hy het onlangs by Munster begin werk.

Bronne: 2 Oceans Vibe, News24, The Citizen

Lees ook: Ierse toeris sterf na valskermsweeftuie in Seepunt bots

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief