LEES OOK: DiepCity-aktrise Lebohang Mpyana (34) sterf ná ‘kort siekbed’
’n Top- privaat skool in KwaZulu-Natal rou oor die verlies van een van sy leerlinge. Zanda Cele, ‘n leerling aan Michaelhouse, ‘n koshuis in die KwaZulu-Natalse provinsie, is Donderdagoggend dood nadat hy “ligte griepsimptome” gehad het.
Anthony Clark, die skoolsirekteur, het in ‘n verklaring op die skool se Facebook-blad gesê Cele het Woensdagmiddag na die skool se mediese fasiliteit gegaan om hulp te soek. “Hy is deur ons skooldokter, dr. Poole, behandel en hy het oornag gebly en het ’n rustige nagrus gehad.”
Clark het Donderdagoggend vroeg gesê Cele was “up and about”, maar aangesien hy nie beter gevoel het nie, is reëlings getref om hom na die nabygeleë Hilton Life-hospitaal te neem.
“Voordat dit kon plaasvind, het hy ineengestort en noodmaatreёls is sonder sukses toegepas. Ons het innige simpatie met Zanda se familie en ons skoolgemeenskap in hierdie uiters moeilike tyd. Ons vra dat die skoolgemeenskap Zanda, sy gesin en die seuns van die skool in hulle gebede sal hou terwyl ons treur,” het Clark gesê. Clark het gesê gepaste reëlings sal getref word vir berading en ondersteuning vir die ander seuns in die koshuis.
#Skole #Privaatskool #Matriekseun #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: IOL; SowetanLive.





