Luister na die YouTube-opname in die berig.
Vicki du Preez (80), gospel- en countrysangeres, is Woensdagoggend, drie dae ná haar 80ste verjaardag, oorlede. Sy sal veral onthou word vir treffers soos Totsiens, auf Wiedersehen, Dis Te Laat Liefling (saam met Clive Bruce), Welkom In My Hart, Ek min jou en vele meer. Sy was in verskeie televisieprogramme te sien, soos Ateljee 4 en Sing Country.
Huldeblyke word sedert die aankondiging van haar afsterwe op sosiale media geplaas, waar aanhangers en mede-sangers hul medelye met haar familie en geliefdes betuig.
Die oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie.

Bronne: The South African Legends Museum, WOM (Wêreld Onbeperkte Musiek/World Of Music), Ria van Wyk





