Tom Hanks, wat weer die stem van Woody vertolk, sê die film Toy Story 5 het ’n meer moderne en emosionele invalshoek as die voriges. Speelgoed moet met ’n wêreld vol skerms en digitale afleiding kompeteer. Dit spreek die tema van kinders se toenemende afhanklikheid van skerms en digitale toestelle aan.
Hanks sê die nuwe rolprent wys hoe tegnologie kinders se verhouding met speel en verbeelding verander. In die storie raak die speelgoed bedreig deur Lilypad, ’n tablet wat die kind in die storie se aandag heeltemal oorneem, wat lei tot konflik tussen tradisionele speelgoed en moderne tegnologie.
Sy medester, Tim Allen, het gesê die storie voel relevant vir hedendaagse gesinne. Hy het gesê hy en sy dogter het onlangs na die film gaan kyk en sy kon nie daarop fokus nie, aangesien kinders aan die tydsduur van ‘n video op sosialemediaplatforms soos Instagram gewoond is.
Die film word op 19 Junie vrygestel.
Bronne: BBC News