Toy Story 5 fokus op kinders se skermverslawing, sê Tom Hanks

Lees ook :

Foto: Toy Story

Tom Hanks, wat weer die stem van Woody vertolk, sê die film Toy Story 5 het ’n meer moderne en emosionele invalshoek as die voriges. Speelgoed moet met ’n wêreld vol skerms en digitale afleiding kompeteer. Dit spreek die tema van kinders se toenemende afhanklikheid van skerms en digitale toestelle aan.

Hanks sê die nuwe rolprent wys hoe tegnologie kinders se verhouding met speel en verbeelding verander. In die storie raak die speelgoed bedreig deur Lilypad, ’n tablet wat die kind in die storie se aandag heeltemal oorneem, wat lei tot konflik tussen tradisionele speelgoed en moderne tegnologie.

Sy medester, Tim Allen, het gesê die storie voel relevant vir hedendaagse gesinne. Hy het gesê hy en sy dogter het onlangs na die film gaan kyk en sy kon nie daarop fokus nie, aangesien kinders aan die tydsduur van ‘n video op sosialemediaplatforms soos Instagram gewoond is.

Die film word op 19 Junie vrygestel.

Bronne: BBC News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief