Tradisionele geneser in hegtenis op aanklag van drievoudige moord in 2020

Lees ook :

Foto ter voorstelling

‘n Gewilde tradisionele geneser van KwaMashu in die noorde van Durban is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n ANC-Jeugliga-lid en twee metropolisiebeamptes in 2020.

Volgens bewerings het hy die moorde beveel omdat hy vermoed het dat een van die metropolisiebeamptes, Lindokuhle Madonsela, ‘n verhouding met sy vrou gehad het.

Na bewering is die Jeugliga-lid, Thamsanqa Gcabashe, vir Madonsela aangesien toe hy in Mei 2020 buite sy huis in die Mpumalanga-woonbuurt doodgeskiet is.

Net 14 dae later is Madonsela in ‘n fnuikaanval buite sy huis vermoor toe ‘n kollega, Ndumiso Thusi, hom vir werk gaan oplaai het. Albei is in die voorval dood.

Polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, sê die tradisionele geneser sal na verwagting Maandag in die Hammersdale-landdroshof verskyn.

“Tot op hede is ses individue aangekla in verband met die moorde, insluitend ‘n ANC-takkomiteelid van Hammersdale, Holy Shozi. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg. Intussen is die saak teen die vyf voorheen gearresteerde beskuldigdes uitgestel vir voorverhoorverrigtinge in die Durbanse Hooggeregshof.”

Bron: SABC Nuus

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief