Tribunaal beveel terugbetaling van R6 m. ná ‘loteryfondsbedrog’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het ‘n oorwinning in die hof behaal nadat die spesiale tribunaal ‘n toekenning van R9 miljoen deur die nasionale loterykommissie (NLK) vir ‘n sportkompleks in Protea Glen, Soweto, ongeldig verklaar het.

Selby Makgotho, woordvoerder van die SOE, sê die sportkompleks is nooit gebou nie en ondersoeke het getoon dat geld glo onregmatig aangewend is. Die tribunaal het beveel dat Jeremane Petrus Sedibe, die beweerde meesterbrein agter die skema, saam met die Motheo Sports and Entertainment Foundation, voormalige NLK-amptenare en ander betrokkenes, gesamentlik R6 miljoen aan die staat moet terugbetaal. Die SOE sê die ondersoek het ook bewyse van beweerde bedrog, diefstal en korrupsie aan die lig gebring. Enige strafregtelike bewyse wat tydens die ondersoek bekom is, sal vir verdere optrede aan die nasionale vervolgingsgesag vir verdere optrede oorhandig word.

Die ondersoek vorm deel van die SOE se voortgesette pogings om staatsgeld wat deur korrupsie verlore gegaan het, te verhaal en aanspreeklikheid in die openbare sektor te verseker.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief