Tronkstraf ná kleuter deur glasskerwe beseer is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Andrew Brink (31) is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy tydens ’n drinkery ’n glas gegooi het wat ’n vierjarige kleuterseun ernstig beseer het.

Kapt. Ivan Magerman, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 1 Februarie 2025 by ’n woning in Klipfontein plaasgevind waar ’n groep volwassenes saamgekuier en alkohol gebruik het. Brink het ’n glas na ’n vrou gegooi. Die glas het egter nie die vrou getref nie, maar teen ’n muur gebreek, waarna skerwe die kleuter, wat daar naby gestaan het, in die gesig getref en ernstige snywonde veroorsaak het.

Die kind is hospitaal toe geneem waar ’n maatskaplike werker die saak by die polisie aangemeld het. Dit het gelei tot Brink se inhegtenisneming in Maart 2025. Hy het Dinsdag in die Garies-streekhof skuld beken op aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Brink is tronkstaf opgelê en is ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk en om ‘n vuurwapen te besit.

Foto: AO Ayanda Phillips Springbok-GKS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief