Troubom-moordenaar lewenslank gevonnis

Lees ook :

(Foto: Sahu is dood en sy vrou Reema kritiek beseer deur 'n bom wat in 'n trougeskenk versteek was)

INDIË. – Die man wat ’n bom as ’n geskenk vir ’n egpaar vir hulle troue gegee het, is lewenslange vonnis opgelê.

Punjilal Meher (56) het die bom in 2018 as ’n trougeskenk vermom. Dit het ontplof toe Soumya Sekhar Sahu en sy vrou, Reema Rani, dit oopgemaak het. Sekhar en sy ouma is oorlede nadat die present vier dae na die troue oopgemaak is.

Meher self het die troue én die begrafnisse bygewoon.

Meher, ‘n voormalige skoolhoof, het blykbaar ‘n wrok gekoester teen Sahu se ma, wat sy pos by die kollege oorgeneem het. Hy het die bom met vuurwerkpoeier gemaak en dit per koerier vanaf ‘n ander stad gestuur onder ‘n vals naam.

Die hof het die misdaad as “gruwelik” bestempel, maar nie die doodstraf opgelê nie.

Na maande van ondersoek het ‘n anonieme brief, wat deur Meher self geskryf is, die polisie op sy spoor gelei.

Meher is skuldig bevind aan moord, poging tot moord en die gebruik van plofstof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief