VSA. – Donald Trump het gedreig om ’n ekstra tarief van 50% op ingevoerde goedere vanaf China te plaas as China nie die tarief wat hulle aangekondig het, onttrek nie.
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in
Hy het gedreig tensy China die 34%-tarief wat hulle op Amerikaanse goedere geplaas het, onttrek, gaan hy ’n ekstra tarief van 50% op ingevoerde goedere vanaf China instel, wat beteken Amerikaanse maatskappye sal 104% moet betaal om Chinese goedere in te voer.
Hy het gesê hy het ’n waarskuwing uitgereik dat “enige land wat vergeldingstariewe teen Amerika instel, onmiddellik nuwe, hoër tariewe opgelê sal word”.
Trump se hoë handelstariewe het chaos op wêreldmarkte veroorsaak en kommer oor ‘n nuwe resessie is aan die toeneem.
Bronne: BBC, The Independent, Outlook
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





