Donald Trump het ’n 30%-tarief op Suid-Afrikaanse invoere na Amerika ingestel. Hy het gesê: “’n Klomp slegte goed gebeur in Suid-Afrika. Ons stuur vir hulle biljoene dollars, maar ons moes hulle befondsing sny, want slegte dinge is besig om te gebeur.”
Lees ook: Trump kondig tariewe op meer as 60 lande aan
Trump het ook gesê as enige land vrygestel wil word van die tariewe, moet die land hulle vervaardiging na die VSA skuif. Volgens Trump is die tariewe “vir lande wat ons sleg behandel het”.
Die presidensie het gesê die nuwe tariewe is ’n “versperring vir handel” en bewys hoe dringend dit is dat ’n nuwe ooreenkoms met die VSA aangaande handel bereik word.
Bronne: BusinessTech, BBC, The Citizen
Lees ook: Trump kondig tariewe op meer as 60 lande aan
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





