Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban

Lees ook :

Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban fotokrediet: Canva

VSA. – Donald Trump het ‘n bevel geteken om skole en atletiekorganisasies te dwing om transgendervroue en -meisies van deelname aan vrouesport uit te sluit.

Lees ook: Krisis spesialis dagvaar Blake Lively vir laster

Die bevel, wat transgendervrouens klassifiseer as mans, doen Trump se belofte gestand om die “onregverdige, gevaarlike deelname van mans in vrouesport te beëindig”.

Federale agentskappe gaan “onmiddellike aksie” neem teen skole en organisasies wat “vrouens ontneem van enkelgeslag sport en enkelgeslag aantrekkamers”.

Trump is ook van plan om befondsing op te skort vir skole waar transgendermeisies aan vrouesport deelneem en om die Olimpiese komitee te druk om transgenderatlete wêreldwyd van vrouesport te verban. Hy dreig ook om visums te weier vir transgenderatlete wat in die volgende Olimpiese Spele in 2028 in Los Angeles wil deelneem.

Bronne: The Independent, NBC News, Sky News

Lees ook: Krisis spesialis dagvaar Blake Lively vir laster

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief