Die Amerikaanse president Donald Trump het in ’n kragtige uitlating Suid-Afrika se leierskap en media gekritiseer oor plaasaanvalle, rassegeweld en die invloed van die EFF-leier Julius Malema.
Trump het gesê: “Ek is nie seker nie, maar ek dink as iemand in ’n parlement opstaan en sê mense moet ’n sekere groep doodmaak, sou hy baie vinnig gearresteer word. Daardie man (Malema) beweeg regoor Suid-Afrika en dis nie ’n klein party nie. Daardie stadion hou 100,000 mense en ek het skaars ’n leë sitplek gesien.”
Hy het ook verwys na die bekende wit herdenkingskruise vir slagoffers van plaasaanvalle in Limpopo: “Ons het dooie wit mense, dooie wit boere, meestal.”
Trump het gesê boere vlug in hul duisende: “In Australië word hulle oorstroom en ons ook, met mense wat net wil uitkom. Hulle plase is waardeloos. Hulle wil net leef. Dis ’n baie ernstige situasie.”
Trump het die wêreldmedia beskuldig dat hulle stilbly oor die krisis:
“As ons ’n regte pers gehad het, sou dit ontbloot word. En die mooi van blootlegging is dat dit soos ’n reiniging werk. Wanneer dit uitkom, sal dit reggemaak word. Maar mense praat nie daaroor nie.”
Trump het afgesluit: “Ek het gepraat oor die duisende mense wat tans uit Suid-Afrika vlug.”
President Cyril Ramaphosa het nog nie op die opmerkings gereageer nie, maar Trump se uitsprake gaan waarskynlik die debat oor grondhervorming, minderheidsregte en politieke retoriek in Suid-Afrika verder aanwakker.
Hierdie is ’n ontwikkelende storie.






Nou maar wat is die waarheid ons bly hier. My swaer is in sy been geskiet my sus is dood agv ñ hartaanval by pyramid. En ja daar word geplunder gevat wat jy toekom is niks mahala nie daar is mense en mense. Daar word gepraat van die witboer maar die witboer mag niks sê teenoor …… maar die mag
By time, They need to be stopped with their reverse apartheid which is happening at a bigger scale, violence and excessive corruption. The ones who really suffered and directly impacted, long left the earth. They would have not agreed what is happening. It’s only filling the top guns greed for money power and ego. Filling peoples heads with lies and the majority of those people suffer.