WASHINGTON DC, VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê hy is van plan om die doodstraf vir moordenaars in Washington DC in te stel.
Lees ook: Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem
Hy het tydens ’n kabinetsvergadering by die Withuis gesê die doodstraf sal ’n “voorsorgmaatreël” wees.
Trump het gesê “as iemand ’n persoon in die hoofstad, Washington DC, doodmaak, gaan ons die doodstraf instel”. Hy het nie gesê hoe hy die verandering gaan instel nie.
Washington DC is tans onder ’n federale oorname van die polisie met weermagtroepe wat deur Trump in die stad ontplooi is om die “hoë misdaadsyfer te beveg”. Washington DC se burgemeester het gesê die oorname is onwettig en dat misdaad in Washington verminder het.
Bronne: BBC, Euronews, Sky News
Lees ook: Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem





