Brekende Nuus
Afrikaans

Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing

Tsoenamigolwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing

fotokrediet: X
Tsoenamigolwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing fotokrediet: X

Verskeie tsoenamigolwe het gebiede in Rusland, Japan en die VSA getref ná ’n aardbewing van 8.8 op die Richterskaal naby Rusland.

Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000

’n Tsoenamigolf van 3-4 m het die kusgebiede van Rusland se Kuril-eilande getref en ’n golf so hoog as 40 cm is op pad na Japan in 16 gebiede naby die Hokkaido-kus.

’n Golf van 6 voet is op pad na Hawaii met waarskuwings uitgereik vir Kanada, Alaska en ander kusgebiede op pad na Nieu-Seeland.

Verskeie mense op Kamchatka-skiereiland van Rusland is beseer en sowat 1.9 miljoen mense is in Japan ontruim.

China, die Filippyne, Indonesië, Nieu-Seeland, Peru en Mexico het waarskuwings vir ‘n tsoenami uitgereik.

Bronne: The Independent, CNN, BBC

Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000