Verskeie tsoenamigolwe het gebiede in Rusland, Japan en die VSA getref ná ’n aardbewing van 8.8 op die Richterskaal naby Rusland.
Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000
’n Tsoenamigolf van 3-4 m het die kusgebiede van Rusland se Kuril-eilande getref en ’n golf so hoog as 40 cm is op pad na Japan in 16 gebiede naby die Hokkaido-kus.
’n Golf van 6 voet is op pad na Hawaii met waarskuwings uitgereik vir Kanada, Alaska en ander kusgebiede op pad na Nieu-Seeland.
Verskeie mense op Kamchatka-skiereiland van Rusland is beseer en sowat 1.9 miljoen mense is in Japan ontruim.
China, die Filippyne, Indonesië, Nieu-Seeland, Peru en Mexico het waarskuwings vir ‘n tsoenami uitgereik.
Bronne: The Independent, CNN, BBC
Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000





