GASA. – Plaaslike gesondheidsowerhede in Gasa het gesê die dodetal in die oorlog tussen Israel en Hamas staan nou op 60 000.
Lees ook: Sewe Israeliese soldate dood in ontploffing in Gasa
Die gesondheidsowerhede wat deur Hamas bestuur word, het gesê 60 034 mense het reeds omgekom en 145 870 mense is gewond sedert die oorlog begin het.
Daar is wêreldwyd kommer oor hongersnood in Gasa met berigte dié naweek dat mense van honger sterf.
Volgens Israel neem dit stappe om die dood van burgerlikes te verhoed en dat Hamas burgerlikes as menslike skilde gebruik.
Bronne: Washington Post, The Times of Israel, USA Today
Lees ook: Sewe Israeliese soldate dood in ontploffing in Gasa





