NELSPRUIT. – Twee buitelanders is Woensdag (12 Maart) op die R532 tussen Graskop en Ohrigstad deur lede van die Operation Vala Umgodi-span in hegtenis geneem.
Lees ook: Ses verdagtes in hegtenis geneem vir sakeroof
Die span het ’n wit Toyota Fortuner met ’n Gauteng-nommerplaat gesien met twee insittendes. Hulle het die voertuig voorgekeer en ses ploftoestelle in die deurpanele gekry.
Die verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van ploftoestelle. Hulle sal op 20 Maart in die Graskop-landdroshof voorkom.
Bronne: SAPD