Brekende Nuus
Misdaad

2 Duitse mans vas ná beweerde verkragting in Wakkerstroom

Twee Duitse mans van 50 en 48 jaar is in hegtenis geneem ná ’n beweerde verkragting by ’n hotel in Wakkerstroom, Mpumalanga.

twee duitse mans in hegtenis wakkerstroom verkragting
Foto: Ter illustrasie

WAKKERSTROOM. – Twee Duitse mans van 50 en 48 jaar is in hegtenis geneem ná ’n beweerde verkragting by ’n hotel in Wakkerstroom, Mpumalanga.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die voorval op Donderdag 12 November omstreeks 19:30 plaasgevind. ’n 35-jarige vrou is glo deur een van die mans by die hotel genader.

Sy is later saam met hom na ’n hotelkamer, waar die beweerde verkragting plaasgevind het. Die tweede verdagte het na bewering ook by die voorval betrokke geraak.

Die vrou het die voorval later by die Wakkerstroom-polisie aangemeld. Albei mans is op aanklagte van verkragting in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Wakkerstroom-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Apaphia Modise, provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, sê die polisie sal die saak deeglik ondersoek. Sy het ook slagoffers van seksuele geweld aangemoedig om sulke voorvalle aan te meld.

Die SAPD sê slagoffers sal met waardigheid, respek en sensitiwiteit behandel word.

Bron: SAPD