Twee lewensvieringe vir Malie-leerling

Lees ook :

Foto: Laerskool Marble Hall

LIMPOPO. – Marno van den Berg van Laerskool Marble Hall se twee lewensvieringe vind vandag (Vrydag) onderskeidelik by die skool self en die AGS-Kerk plaas. Die skool het die jong seun se afsterwe op 3 November op sosiale media bekend gemaak.

Marno het volgens kommentaar (sien hier onder) op een van die skool se plasings op sosiale media glo ‘n epileptiese aanval in ‘n swembad gehad en verdrink. Dit is egter nie bevestig nie.

Die skool sê in die plasing Marno word vir sy vriendelikheid, sy lag en die positiewe invloed wat hy op ander gehad het, onthou.

Lees die skool se plasing hier onder:

Die Malie-familie se harte is swaar oor die verlies van Marno van den Berg. “Woorde kan nooit werklik die diep verdriet uitdruk wanneer ’n jong lewe van ons weggeneem word nie. Marno sal onthou word vir die lig wat hy in ander se lewens gebring het – sy vriendelikheid, sy lag, en die besondere manier waarop hy soveel mense se harte geraak het. In hierdie moeilike tyd dink ons met innige simpatie aan sy ouers, familie, klasmaats en onderwysers. Mag julle vertroosting vind in die kosbare herinneringe wat julle saam met hom gedeel het, en in die ondersteuning van almal wat opreg vir julle omgee. As skoolgemeenskap staan ons saam in ons rou en herinnering. Marno se gees sal altyd deel bly van ons – in ons klaskamers, ons gesprekke en in ons harte. Die familie wil die gemeenskap bedank vir elke gebed, boodskap en daad van ondersteuning. Die familie vra vir privaatheid om hierdie verlies te verwerk.♥️

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief