Tyla, sanger-liedjieskrywer van Suid-Afrika, het haar tweede Grammy in drie jaar gewen, dié keer vir Push-to-Start, vrygestel op haar debuutalbum in 2024. Sy het die toekenning vir beste kunstenaar in die kategorie Afrika-musiekoptrede opgeraap.
Volgens SABC News vestig die sangeres met hierdie oorwinning haar plek as ‘n popkunstenaar op die wêreldverhoog. Dit val saam met haar aankondiging dat sy tans aan haar tweede album, T2, werk.
Die Suid-Afrikaans gebore komediant, Trevor Noah, het die Grammys vir die sesde keer aangebied.
Bronne: SABC News, Music in Africa





