Lees ook: AfriForum wil TV-lisensies laat skrap
Die raad vir gehalteversekeringin onderwys, Umalusi, het gister gesê 927 leerlinge in KwaZulu-Natal en Mpumalanga is beskuldig van moontlike kullery tydens die matriekeksamens in 2023.
Altesaam 763 leerlinge in KwaZulu-Natal en 164 leerlinge in Mpumalanga is van moontlike kullery verdink.
Umalusi het ook hul kommer uitgespreek oor die swak gehalte van sekere eksamenvraestelle, onder andere houtwerk, Afrikaans, Engels en fisiese wetenskap.
Die matriekuitslae sal Donderdag aangekondig word en Vrydag vrygestel word.
Bronne: IOL, EWN, SowetanLIVE
Lees ook: AfriForum wil TV-lisensies laat skrap





