VAKANTE POS: Verpakkingsmateriaal Hoof

Lees ook :

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaal grond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef. 

Die pos sal in kort die volgende behels:

  • Verantwoordelikheid neem oor alle pakhuis verpakkingsmateriaal;
  • Prosesse en prosedures van beheer, ontvangs en uitreikings van voorraad bestuur;
  • Tydelike en akkurate verslaggewing van voorraad;
  • Operasioneel handel en afdeling strategies bestuur;
  • Sterk bande met verskaffers vorm en onderhou;
  • Kostebestuur;
  • Personeelbestuur.

Kandidate met die volgende ondervinding/vaardighede sal voorkeur geniet:

  • Graad in rekeningkunde;
  • Goeie rekenaarvaardighede – gevorderde Excel;
  • Afrikaans en Engels magtig (skryf, lees en praat);
  • Goeie interpersoonlike vaardighede;
  • Goeie konflikhantering;
  • Goeie onderhandeling-vaardighede;
  • Operasioneel kan handel.

Vergoeding:  ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan e-pos:  [email protected]

Navrae: Theresa Lategan – 053 531 9725

Sluitingsdatum:  16 Februarie 2024

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

*ADVERTENSIE

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief