Lees ook: Verdagte in hegtenis na liggaam van ontvoerde vrou gevind is
JOHANNESBURG. – ’n Verdagte (35) is Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem vir die beweerde finansiering van terrorisme.
Die Suid-Afrikaanse verdagte is in hegtenis geneem na ’n ondersoek, wat in Mei 2018 deur die Finansiële Intelligensiesentrum en die Valke begin is, bevind het die man het glo R11 500 Bitcoin gekoop en dit aan ’n organisasie gestuur wat finansiële ondersteuning om vuurwapens te koop en ander projekte in ’n ander land gevra het.
Die organisasie aan wie die geld gestuur is, is aan nog twee organisasies verbind.
Polisielede het op 3 Oktober 2024 die verdagte se huis deursoek en verskeie bewyse gevind, asook twee van sy gelisensieerde vuurwapens wat nie toegesluit is soos die deur die wet vereis word nie.
Die verdagte sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagte in hegtenis na liggaam van ontvoerde vrou gevind is