Valskermswewer sterf in Olifantsrivierberge

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Valskermswewer het Sondagmiddag tydens ‘n ongeluk in die Olifantsrivierberge agter Porterville gesterf.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van Wes-Kaap Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het ‘n reddingspan ontplooi. Alhoewel hulle vinnig gereageer het, is die valskermswewer ongelukkig dood gevind. Sy liggaam is per helikopter na ’n nabygeleë landingsone vervoer, waar hy aan die polisie oorhandig is

WSAR-woordvoerder, David Nel, het gesê die dag se gebeure beklemtoon die toewyding, professionaliteit en stille veerkragtigheid van reddingspanne. Hy bedank alle spanlede wat oor lang ure, moeilike terrein en selfs in die vroeë oggendure vandeesmaand by verskeie insidente betrokke was. Reddingspanne het gedurende Januarie reeds 24 voorvalle hanteer.

WSAR moedig mense aan om aktiwiteite te beplan, om genoeg tyd te hê om voor donker terug te wees, ’n flitslig te dra, weers- en ander toestande te kontroleer en altyd ’n ekstra warm laag klere te hê. In noodgevalle moet kalm gebly word en 021 937 0300 sonder versuim gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief