Van studente woning tot boetiek gastehuis, Bonne Esperance staan as trotse baken in Stellenbosch.

Lees ook :

Wanneer jy dwaal in Stellenbosch kom die behoefte maklik om ʼn oornag plekkie te vind, veral met die oog daarop om die polsende aand lewe van dié studente dorp te ervaar. Natuurlik is dit bonus dat jy die volgende dag al dwalende, verder die historiese dorp kan verken.

Met ʼn gastehuis om elke hoek en draai is dit maklik om ʼn holte vir jou dwalende voete te vind op ʼn dwaal ekspedisie en in die hartjie van Stellenbosch word toeriste en besoekers bederf met keuses.

DWAAL IN STELLIES EN KUIER BY BONNE ESPERANCE IN STELLENBOSCH

Bonne Esperance, op die hoek van Van Riebeeck en Neethling strate, het as gastehuis bekend geraak in 1990. Hier kom die twee wêrelde van ʼn klassieke- en kontemporêre styl bymekaar om jou welkom te heet by dié elegante gastehuis. Geset in ʼn tipiese Engelse styl tuin, ʼn ware lushof vir die oog, maak die Victoriaanse styl gebou ʼn prentjie mooi indruk.

Haar geskiedenis strek sover terug as 1907 en met meer as ʼn eeu se herinneringe tussen haar mure, lyk Bonne Esperance soos ʼn jong dame, gretig en gereed om gaste van oral oor te ontvang en in luuksheid gemaklik te maak. Sy het selfs tydens die 1969 kragtige Tulbagh aardbewing wat die Wes-Kaap geskud het, ferm gestaan. Hierdie gebeurtenis word deur partytjiegangers op daardie aand onthou.

Gaste word begroet met egte Suid-Afrikaanse hospitaliteit en elke lid van die Bonne Esperance span staan gereed om aan jou behoeftes te voldoen om jou besoek so onvergeetlik as moontlik te maak. Hier sal jy altyd ʼn verwelkomende glimlag en behulpsaamheid ervaar.

Die kamers is modern en ruim. Gaste word bederf met addisionele gemak items soos USB laai-stasies, Nespresso koffiemasjiene en verhitte handdoekrelings. Daar is ook ʼn TV en lessenaar in elke kamer. Dit is buiten die gewone geriewe soos ʼn haardroër, yskas en mini-kroeg. Enige kunsliefhebber sal die kunswerke in Bonne Esperance waardeer.

Jy het ook die keuse om jou ontbyt op die stoep, met ʼn uitsig oor die tuin, te neem, of  binnenshuis in die eetkamer. Sou jy ʼn meer intieme ontbyt verkies is daar ook ʼn kleiner, stiller vertrek vir die doel.

Ontbyt word vanaf ʼn a la carte spyskaart bedien. Net reg vir jou dag se dwaal planne.

Die internet sein is sterk en vang oral in en om die perseel op.

Die gastehuis het 17  kamers, elkeen met unieke stylvolle dekor en bied verskeie verblyf opsies. Twee familie kamers en ʼn elegante drie slaapkamer villa met ʼn sonkamer, maak deel uit van die opsies vir gaste. Vir die somer gaste wag daar ʼn skitterende swembad. ʼn Heerlike verassing was die kluis in die kamer wat groot genoeg is om jou skootrekenaar in weg te bêre.

Die gastehuis bied ook die Bonne Esperance Café, gehul in ʼn knus atmosfeer met allerlei lekkernye, ligte etes, heerlike koffie, drankies en alkoholiese verversings

Bonne Esperance het alle verwagtinge oortref en het ʼn tweede besoek regverdig, soos ander gaste ook graag terugkeer. Beide besoeke was, van aankoms tot die uitteken,  ʼn voortreflike ervaring van goeie diens en ʼn heerlike verblyf.

Of jy reis vir besigheid of ontspanning, Bonne Esperance se ligging, slegs 500 m se gemaklike stap na Stellenbosch se middedorp en die universiteit, maak dit ideaal vir enige reisiger. Die vriendelike personeel is gretig om gaste by te staan met voorstelle van restaurante, besienswaardighede of reis reëlings.

Bonne Esperance ontvang graag gaste van alle uithoeke van die wêreld en verwelkom plaaslike besoekers. Besoek die webtuiste vir gereelde spesiale aanbiedinge en promosies.

https://www.bonneesperance.com

Dwaal gerus, wees ʼn toeris en ontdek die mooi van ons land.

Dwaal groete! Annette©

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief