Vanes-Mari du Toit en haar Frikkie het Sondag voor geliefdes en vriende, hulle liefde gevier. Vriende en familie het ‘n totsiens-sê-partytjie bygewoon voor Vanes-Mari se verhuising na Langebaan en is deur die paartjie verras toe die samekoms in ‘n baie spesiale geleentheid verander. Die langbeenskoonheid was asemrowend in ‘n spierwit rok vir hierdie intieme seremonie om haar en Frikkie se liefde te vier. Foto’s en video’s van gelukwensinge is oraloor op sosiale media gesien.
Vanes-Mari het die spesiale dag in ‘n AI-skermgreep verduidelik. Sy is bekend vir vele rolle, eers as ‘n SA-Protea-netbalspeler met 38 wedstryde op haar kerfstok. In 2014 het sy titel as Afrika se beste netbalspeler verwerf. Sy het met gemak haar sportskoene vir dansskoene verruil toe sy gedurende 2018 aan Dancing With The Stars deelgeneem het. Die res is geskiedenis – met haar borrelende persoonlikheid is sy raakgesien en het die televisiebedryf, DSTV, haar opgeraap waar sy verskeie televisieprogramme aangebied het. Vanes-Mari het haar eie sakebedrywighede en word veral as aanbieder op sportprogramme gesien. Sy is ook steeds by netbalprogramme betrokke. Gedurende Mei 2024 het sy ’n wêreldrekord opgestel toe sy saam met die Madswimmer-span die Guinness World Record vir swem op die hoogste plek behaal het – op ’n hoogte van 6 405 meter (21 014 voet) in die Himalayas.

Du Toit het Maandagaand gesê: “22 Februarie 2026. ’n Datum wat vir altyd in my hart ingegraveer sal wees. Wat begin het as ’n “going away”, het stil-stil ontvou in ’n … EK KIES JOU, OOR EN OOR, EK KIES ONS, EK KIES ONS TOEKOMS SAAM.
’n Verbintenis, ’n heilige oomblik wat net ons s’n was, en toe gedeel is met die mense wat ons liefhet. Tyd het vir ’n oomblik stadiger geloop. Nie met groot woorde of harde verklarings nie, of ‘n tradisonele troue nie, maar met ‘n sagte, sterk sekerheid. Die soort sekerheid wat nie skree nie, maar ‘n vrede bring wat alle verstand te bowe gaan, ‘n heilige oomblik, ‘n onbeskryflike gevoel.
Ek en Frikkie het ‘n oomblik gemaak om voor almal wat vir ons lief is en vir wie ons lief het mekaar te kies. Met oë vol hoop en harte wat weet: liefde kan sag wees én sterk, stil én onwrikbaar. Omring deur verrassing, trane, glimlagte en effortless liefde. Ek besef: Ek staan presies waar ek hoort, waar God my wil hê. Ek is die gelukkigste vrou op aarde, want hierdie liefde is eg en onvoorwaardelik Gewortel. Vrywillig. Tuis. My toekoms. Alles.”

Bronne: Vanes-Mari du Toit, Coleske Artist Management en Wikipedia






One Response
https://farmaciabesurica.shop/# Scegli Farmacia