Lees ook: Pous Francis wil surrogaatskap verban
VATIKAANSTAD. – Die Vatikaan het vir die eerste keer iemand gevonnis vir seksuele mishandeling wat op hulle gronde gepleeg is.
‘n Italiaanse priester, Gabriele Martinelli (31), is Dinsdag skuldig bevind op aanklagtes dat hy een van sy leerlinge se vertroue misbruik het en vir jare seksueel mishandel het. Martinelli het ‘n seun wat wou leer om ‘n priester te word in Augustus 2010 begin mishandel.
Hy is die eerste keer in 2020 vir die mishandeling verhoor, maar is nooit skuldig bevind nie.
Martinelli is nou tronkstraf van twee jaar en ses maande opgelê.
Bronne: Euronews, Crux, The Catholic Thing
Lees ook: Pous Francis wil surrogaatskap verban





