LIMPOPO – ’n Veiligheidswag is in hegtenis geneem ná ’n moord op ’n onbekende Vrydag (20 Maart) in die vroeë oggendure op ’n plaas in Saamboubrug.
Kol. Malesela Ledwaba sê polisielede het omstreeks 00:30 ’n klagte ontvang oor vermeende betreders op ’n plaas. Met hul aankoms is ’n volwasse man met skietwonde op die grond aangetref. Nooddienste is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. Voorlopige inligting dui daarop dat ’n veiligheidswag, wat deel was van ’n span wat gehuur is om die plaas te patrolleer nadat beweging op die perseel opgemerk is, glo met ’n vuurwapen geskiet het. Die identiteit van die oorledene is nog nie bevestig nie.
Die verdagte, ’n veiligheidswag, is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort op ’n aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.





