NASREC. – ‘n Verdagte is gewond wat glo Vrydag ‘n voertuig wat vir die G20-beraad gehuur is, wou kaap.
Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië
Lede van die nasionale intervensie-eenheid was in die voertuig besig met patrollies toe die verdagte met ‘n vuurwapen voor die voertuig ingespring het. Een van die lede het die verdagte geskiet. Hy is na ‘n hospitaal geneem.
Dit is later bevind hy het ‘n nagemaakte geweer in die kapingpoging gebruik.
Hy sal in die hof verskyn wanneer hy herstel het.
Bron: SAPD
Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië





