Lees ook: Vermoorde man se liggaam in Rietrivier gevind
VANRHYNSDORP. – ’n Verdagte (38) is Donderdag in hegtenis geneem vir mensehandel en die oortreding van die Immigrasiewet.
Die polisie het inligting ontvang oor ’n buitelander wat glo ’n meisie (17) by sy huis in Vanrhynsdorp teen haar wil aanhou. Die polisie is na sy woonplek en het die meisie gekry. ’n Ondersoek het aan die lig gebring sy is glo twee jaar gelede vanaf Mosambiek deur mensehandel die land ingebring.
Sy is vir ’n mediese ondersoek geneem en is later na ’n plek van veiligheid geneem.
Die verdagte sal op 9 Desember sy eerste verskyning in die Vredendal-landdroshof maak.
Bronne: SAPD





