Verdagte in hegtenis wat glo dagga op plaas kweek

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte (56) is vandag (Donderdag) op ‘n plaas in Camperdown deur owerhede in hegtenis geneem. Dagga en produkte ter waarde van R30 miljoen en ses onwettige vuurwapens en ammunisie is glo in sy besit gevind.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie het inligting oor die plaas en sy onwettige bedrywighede ontvang. Tydens ‘n operasie op die plaas is 4 165 daggaplante, 70 emmers verwerkte dagga en parafernalia ter waarde van ongeveer R30 miljoen gevind. Daar is ook op ses vuurwapens en meer as 165 rondtes ammunisie beslag gelê.

Die polisie se forensiese wetenskapslaboratorium is na die misdaadtoneel ontbied, waar daar vir bewysstukke gefynkam is. Die verdagte staan op aanklagte van die kweek van dagga, handel in dagga, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie tereg. Ballistiese toetse op die vuurwapens sal bepaal of dit in misdade gebruik is.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Camperdown-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief