KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte is deur veiligheidsbeamptes in ‘n plafon van ‘n huis in Hayfields ná ‘n beweerde inbraak vasgetrek.
Volgens Mi7 Security het hul beheerkamer inligting deur ’n WhatsApp-groep van die gemeenskap ontvang oor ’n verdagte persoon by ’n residensiële eiendom. Reaksiespanne is onmiddellik gestuur en het saam met gemeenskapspatrollies die perseel deursoek. Tydens die soektog is tekens van gedwonge toegang opgemerk met ’n veiligheidshek beskadig is. Die verdagte is uiteindelik in die plafon van die huis ontdek en daar vasgetrek.
Verskeie metaalitems en ander goedere wat glo uit die huis verwyder is, is in sy besit gevind. Voorlopige inligting dui daarop dat die woning leeg was toe die voorval plaasgevind het. Omdat daar geen klaer in dié stadium beskikbaar was nie en geen saak by die polisie geopen is nie, is die verdagte volgens berigte geprofileer en met ’n waarskuwing vrygelaat.





