Verdagte in romantiese slenter van R2.1 m. weer vasgetrek terwyl reeds in aanhouding

Lees ook :

Foto:

NOORDWES. – Laban Mucwa (53), ’n Ugandese man, is weer in hegtenis geneem vir ‘n beweerde romantiese slenter van sowat R2,1 miljoen. Hy was reeds agter tralies vir ’n soortgelyke oortreding waarby ‘n bedrag van R1 miljoen betrokke was.

Lt.kol. Tinyiko Mathebula, Valke-woordvoerder, sê Mucwa is op 23 April deur die ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdade in Mahikeng in hegtenis geneem op aanklag van diefstal deur valse voorwendsels. Hy was reeds in aanhouding in ’n Gauteng-saak waarin ’n vrou glo R1 miljoen in ’n “romance scam” verloor het.

Verdere ondersoeke het hom nou verbind met nog ’n voorval in Mahikeng waar ’n vrou na bewering in Desember 2021 uit R2,1 miljoen bedrieg is. Na bewering het die verdagte die slagoffer op ’n aanlyn afspraakplatform ontmoet en haar oorreed om haar pensioen te onttrek en in ’n sogenaamde sakegeleentheid te belê. Hy het glo daarna met die geld verdwyn.

Mucwa het Vrydag 24 April in die Mmabatho-landdroshof voorgekom. Die saak is tot 1 Junie uitgestel vir sy eerste verskyning in die Mmabatho- gespesialiseerde handelsmisdaadhof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief